gewildstegedigte.litnet.co.za » Lina Spies

Lied van die kinders
“Laat die kindertjies na My toe kom”

Die Joodse seuntjie

wat sy armpies in die lug steek

voor die SS,

sy oë wyd gerek,

op sy mou die groot, geel Dawidster.

“Laat die kindertjies na My toe kom”

Die Viëtnamese dogtertjie

oumens-krom aan haar stok geklem

op die slagveld heen en weer

terwyl oor haar bors

’n kruisie hang.

“Laat die kindertjies na My toe kom”

Die klein vergete Ier

op ’n sypaadjie in Belfast

tussen die bloed en bomme

wat opnuut sy land vrymaak.

Laat die kindertjies van Israel na My kom,

gevang in die kruisvuur by Ma’alot –

bang hasies in ’n bos wat brand.

Laat hulle kom, die gevreesde koningskinders van my volk

wat die Romeine doodgesteek het

toe in ’n stal se stank van mis en bloed,

ek self die Kind van Bethlehem was.

Verhinder hulle nie

Herodes

dissipels

soldate

grootmense

Hulle hoort in my koninkryk:

hulle weet van wonde

sonder om te twyfel of te vra.

Laat hulle kom

kinders van Dachau

kinders van Korea

kinders van Saigon

Ek sal hul teen my sy vasdruk

en my hande op hul lê.

’n Paternoster vir Suid-Afrika
Here, laat die name geheilig word

van al die kinders van die land –

van hulle

wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,

dassies skrikgemaak het in sy klowe,

wol getrap het in sy krale.

Ek het asemloos toegekyk:

swart bolywe geboë oor magtelose diere

en skerp skêre wat my laat wag het,

bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.

Maar die swart versigtige hande

het selde dieper as die wit geknip

en ek kon die lootjies uitdeel

want die arbeider was sy loon waardig

volgens die aantal wat hy vrygemaak het

om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.

Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,

die wololie van my voete afgewas,

my bene nie meer lam getrap nie.

Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,

soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges

wat nooit binne die kraal was nie,

wat nooit rietperd gery

en kaalvoet geloop het nie,

en Here, sien ons hande aan:

Kyk, om my wit pols is ’n armband van gras;

my donker speelmaat het dit kunstig gevleg

soos ek nooit kon nie . . .

Aan U behoort die land

en die son

en die skape van sy weiding

Gee ons liefdevolle hande, Heer,

en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed

dat daar nie onnodig bloed verspil nie

en deel U self die lootjies uit